Kom kyk hoe braai hulle by Rembrandt Mall.Foto: Lise Beyers

Credit: SYSTEM

Nasionale Braaidag is nou wel verby, maar by Rembrandt Mall is elke Vrydag Braaidag.

En vandeesweek is dit besonder spesiaal wanneer sake-eienaars van die mall mekaar om die braaivuur gaan takel in ’n “Mystery Box”-braaikom­petisie.

Die vure gaan van 12:00 af hoog brand. Ses spanne – een van Clicks, Calore, Pizza Perfect, Brito’s, Mambo’s en OK Boulevard – neem deel.

Die spanne kry elk ’n mystery box met die bestanddele daarin wat almal in die braaigeregte gebruik moet word.

In die boks sal ook ’n koopbewys wees vir die proteïen (vleis) wat elkeen self by OK Foods in die sentrum kan gaan kies.

Om 15:00 sal drie beoordelaars die geregte beoordeel, waarna die wenner aankondig sal word.

Die publiek word genooi om dus Vrydag by Rembrandt Mall te kom kuier – nie net om ’n paar geheime braaiwenke te kry (of te gee) nie, maar daar sal gelukstrekkings wees asook vermaak deur PaarlFM-radiostasie se Lynden Jafta.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article