‘n Vrou het Donderdagmiddag ‘n noue ontkoming in Gimnasiumstraat ervaar toe ‘n boom tydens ‘n storm op haar Toyota Tazz omgetuimel het.
Die vrou het wonderbaarlik geen beserings opgedoen nie, nadat ambulansdienste om 14:00 na ‘n paarkeerarea in die omgewing ontbied is om hulp te verleen. Nog twee motors was gedeeltelik deur die boom bedek en het taamlike skade opgedoen.
Dit volg na ‘n skielike storm chaos in die Paarl veroorsaak het en stormwinde bome op verskeie plekke laat omval.
Nog ‘n paar bome wat platgeslaan het was gerapporteer, soos ‘n Koorsboom by Knoppies Fabriek in Dorpstraat en nog twee ander by Nieuwedrift Primêreskool soos wat leerders die skool verdaag het.
Erge verkeer kan in die areas verwag word.
- Heavy traffic can be expected in some parts in Paarl, as a storm hit the area and resulted in multiple trees collapsing in various areas, like Dorp Street and streets surrounding Nieuwedrift Primary School. A woman’s car was hit by a falling tree in Gymnasium Street but was left unscathed following the freak accident.





