Likhuma Bolani, ’n leerder aan William Lloyd Primêre skool, het Saterdag (9 Maart) aan die Wes-Kaap-atletiek­kampioenskap vir laerskole deelgeneem. Hy het die derde plek in die seuns o.12-verspring asook die tweede plek in die 150 m verwerf. Hy is in die Wes-Kaap-span vir 25 en 26 Maart by die nasionale byeenkoms in Limpopo opgeneem.


Bolani laat wiel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article