Talle laerskole het Saterdag aan die Boland Laerskole-streekkampioenskap by Dal Josafat-stadion deelgeneem. Bo oorhandig Kylie Windvogel (agter) die staaf aan Amory Williams (voor) van William Lloyd Primêr se o.8-meisiesaflosspan tydens dié kampioenskappe. William Lloyd se o.8-meisiesaflosspan het die eerste plek behaal. Foto: Ernest Kilowan


Kranige atlete skiet weg ná die skoot se klap in die seuns se o.13-800 m-wedloop. Foto’s: Ernest Kilowan

Caylin Stickling van Laerskool Gimnasium was die wenner van die 80 m en 100 m meisies-aflosspan.Foto: Ernest Kilowan

Hier is die verspringatleet Skyler Hendricks van Hugenote Laerskool in aksie. Foto: Ernest Kilowan

Zeke Finck van die Laerskool Gimnasium (regs) in aksie in die seuns se o.13 200 m-hekkieswedloop. Hy het tweede plek behaal in die 80 m en derde plek in die seuns se 200 m-hekkieswedloop. Foto: Ernest Kilowan

Die kranige o.11 hekkies-atleet Rudi Coetzee van Paarl Primêre Seunskool fokus op die wen streep van die o.11 seuns-hekkies-wedloop. Foto: Ernest Kilowan

Hier hardloop Maleek Theo van Laerskool Drakenstein oor die wenstreep in die 60 m o.7-seuns-aflosspanFoto: Ernest Kilowan

Mia Janse van Rensburg van die Laerskool Courtrai seil oor die dwarslat en wen die meisies se o.11-hoogspringitem.Foto: Ernest Kilowan

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article