Die Karateverening Boland is 31 jaar oud en ter viering van die vereniging en legendes hou hulle op 30 September ’n glansgeselligheid by Klapmuts Primêr.

Die Karate-verening Boland het sy ontstaan op 16 Februarie 1992 in Hospitaalstraat, Paarl, by die woning van Schalk van der Merwe gehad.

Verskeie style het die eerste keer in plaaslike karategeskiedenis besluit om een liggaam te stig. Die klubs Ishinryu Karate, Goju Ryu, Goju Kai, Karate Zen, JKA, Kobe Osaka, World Shotokan Karate, Wado Ryu, GKA en Shukokai was op die geskiedkundige dag teenwoordig. ’n Paar jaar later het Tenshinkan, Rikdosa, Funakoshi en Seiwa Kai aangesluit, en die res is geskiedenis.

Karate Boland het oor die jare talle ampsdraers opgelewer wat die organi-sasie tot groot hoogtes geneem het.

Verder het hul studente nie op hulle laat wag nie. In 1996 het Celeste Adonis silwer behaal in die eerste Kinderwêreldtoernooi in Johannesburg. Dit was die begin van groot dinge in die anale van karate in Suid Afrika.

Vandag is baie van hul studente stylhoofde of die president van hul afsonderlike streke. John Daniels is president van Wes Kaap Karate en Clarence September president van Unicity, om net om ’n paar te noem.

Hierom hou Karate Boland fees en doen ’n beroep op voormalige Bolanders om enige foto’s, artikels of name van kampioene oor die jare aan hulle te stuur.

Die aand sal diegene wat vooraf gegaan het, vereer word vir hul bydrae, asook talle SA kampioene wat Boland en Suid-Afrika verteenwoordig het. Kaartjies per tafel kos R3 000 (10 gaste). Kontak Lizette Hoffmeester by cwksecretariat@gmail.com of Maureza Segelaar by maureza50@gmail.com

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article