Alle sakelui en belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die Drakenstein Sakekamer se volgende Sakekoffie-geleentheid op Vrydag 24 Februarie om 08:00 vir 08:30. Die week se geleentheid vind by die AGS Protea-aanbiddingsentrum in Paarl plaas.

Bring jou besigheidskaartjies en baniere saam, asook ander besigheidsvriende en kom ontmoet nuwe ondernemings van die gebied.

Indien jy jou onderneming wil voorstel, laat asseblief vir Francis Nieuwhoudt weet en jy kan ’n 10?minute-voorlegging oor jou onderneming op die dag doen. Daar sal ’n groot skerm, klank ens. hiervoor beskikbaar wees. Bring net jou skootrekenaar saam.

Vir meer inligting en om jou plek te bespreek, e-pos: info@drakensteinsakekamer.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article