Boere, plaaswerkers en lede uit die gemeenskap het Maandag voor die Paarl Landdroshof bymekaar gekom ter ondersteuning van JT Basson en Johan Woest.

Heleen Rossouw

Jan (JT) Basson (65) en Johan Woest (68) is Maandag op borgtog van R5000 elk vrygelaat. 

Dit volg na ‘n byeenkoms van boere, plaaswerkers en lede uit die gemeenskap wat hul ondersteuning vir die twee verdagtes voor die Paarl Landdroshof vroeër die oggend getoon het. Ongeveer 620 mense het ‘n versoekskrif onderteken dat dié twee verdagtes op borgtog vrygelaat word.

Basson en Woest word aangekla van die moord op Chatwell Rogers (40) wat verlede Dinsdag in die Paarl doodgeskiet is.

Die skietvoorval het gebeur na bewerings van konflik wat tussen die boere en onwettige vrugteverkopers in die gebied bestaan. Boere van die omliggende gebied, sowel as plaaswerkers, het hul kommer op Maandagoggend uitgespreek en het klem gelê op die gevaar en diefstal wat al lank die landelike gebiede teister. 

Lees meer rakende die storie in die volgende uitgawe van die Paarl Post. 

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article