Die skrywer Francois Bloemhof (naaslinks) het by die Breytenbach-Boekklub oor die jongste boek in sy Ludo Labuschagne-reeks, Blou Moord, gesels. Van die gaste wat dit bygewoon het, was (van links) Kobus Maritz, Gwen van Wyk en Gerhard van Aardt (boekklub-organiseerder). Die volgende boekklub-byeenkoms word op Woensdag 10 Mei gehou, wanneer Tom Dreyer met Carolyn Meads oor sy boek Nou in Infrarooi sal gesels. Dit vind plaas in die Bôrdienghuis-teater van die Breytenbach-sentrum in Wellington. Kaartjies kos R50 en sluit wyn en ligte versnaperings in. Bel Gerhard van Aardt by 078 022 3458 vir besprekings.Foto: Engela Duvenage


Boekklub-praatjie by die Bôrdienghuis

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article