Hier smul die bobbejaan lekker aan ’n stuk brood wat die publiek aan hom gegee het by die Drakenstein-munisipaliteit se hoofkantoor in die Paarl. Foto’s: Jana Scheepers


’n Bobbejaan het die hele Paarl aan die gons nadat hy die afgelope naweek in die Paarl gearriveer het, is veilig weer tuis in die Dutoitskloofberge.

Die naweek is hy opgelet waar hy in die son bak op die dak van ’n fabriek in Distillerystraat. Nadat hy verder hier die naweek vertoef het, het hy vlugtig Maandagoggend verdwyn, net om weer sy verskyning op geen ander plek te maak nie, maar op die voorstoep van Drakenstein-munisipaliteit se hoofkantoor in die Bergrivier Boulevard.

Halfpad het die ou immers onder die bome by die munisipaliteit gestop vir ’n blaaskans en ’n bietjie padkos en daarna weer sy pad deur die akkerbome se takke gevind.

Volgens ’n munisipale wetstoepasser op die toneel word daar op ’n plaaslike veearts gewag om die bobbejaan te verdoof sodat die munisipaliteit hom na ’n veilige plek kan skuif.

Nadat hy effe skaam geraak het vir al die aandag, het hy boom-op geklouter.

Toeskouers kyk vir die bobbejaan, en neem hom af.

Hier sit meneer en kyk vir ’n munisipale wetstoepasser.

Die wetstoepasser het bevestig dat die bobbejaan se hervestiging op die munisipaliteit berus, en hierdie keer nie op CapeNature nie.

Die bobbejaan is eers met ‘n vanghok probeer vang, maar hy het verkies om eerder bo-op die hok te gaan sit as binne-in. Vroeg Maandagaand is daar besluit dat die enigste uitweg is, is om die bobbejaan met ‘n verdowingspyl te skiet.

‘n Veearts van Wellington het die taak suksesvol behartig en die kees is geskiet terwyl hy op die boonste verdieping van die munisipalegebou gesit het, en toe hy val, is hy veilig binne-in ‘n kombers-trampolien gevang.

Hy is later die aand in die berge vrygelaat.

Hiérdie waarneming in die Paarl is die eerste een sedert die groot mannetjiesbobbejaan, genaamd Kees, 11 jaar gelede op Paarlberg en die Bellevue-wingerdproefplaas in Bergstraat gesien is.

Kees is vermoedelik later daardie jaar, in 2013, in die tuin van ’n werkershuis op Laborie-wynlandgoed omsingel en met stokke doodgeslaan

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article