Die brand- en reddingsdienste van die Drakenstein-munisipaliteit het sedert Desember 2021 tot en met 14 Maart vanjaar op altesaam 121 voorvalle gereageer – dit sluit strukturele- en veldbrande in, asook spesiale dienste wat by ongelukstonele gelewer is.
Volgens Gerald Esau, uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste van die Drakenstein, kos dit die munisipaliteit miljoene rande om jaarliks brande in bedwang te bring en reddingsdienste aan die gemeenskap te verskaf. Hy verduidelik dat die getal brande 25 wonings in nie-informele nedersettings insluit, 46 brandvoorvalle in informele nedersettings, 24 veldbrande, een voertuig wat gebrand het en 24 ongelukstonele waar brand- en reddingsdienste veiligheid op die tonele verseker het. “Die operasionele koste van die diens om brande in die afgelope boekjaar (van 1 Julie 2020 – 30 Junie 2021) te blus, beloop sowat R2 466 520.”
. The fire and rescue services of Drakenstein Municipality attended a total of 121 incidents from December 2021 to 14 March this year.





