Milana Stickling (o.12) en Caylin Stickling (o.9), leerders aan Laerskool Paarl Gimnasium, het aan die East Rand Athletics Academy se tydtoets-byeenkoms deelgeneem. Milana het aan die 100 m en 150 m deelgeneem en teen die o.14- en o.15- meisies gekompeteer. Sy het in albei afdelings gewen en ook haar persoonlike beste tyd in die 100 m verbeter (12.89 sek., elektronies). Caylin het aan die 60 m deelgeneem en het die afdeling gewen met ’n persoonlike beste tyd van 8.84 sek. (elektronies). Sy het ook in die 80 m, waar sy teen die o.11’s meegeding het, tweede geëindig.
Blitsvinnig op baan
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.