Ná ’n derde kwartaal van harde werk het die Hoër Jongenskool Paarl sy toppresteerders vir September bekend gemaak.
Ulrich le Roux (gr. 12) staan eerste in sy graad met 97,7%. Hy word gevolg deur Kenneth Janson (gr. 11) wat met ’n persentasie van 96,3 pronk.
Adriaan de Villiers is aangewys as die toppresteerder vir graad 10 met 98%. Onder die graad 9-klasse stap Thomas Dunkley weg met 96,3% en Joel Martini staan trots met 93,1%.
Die skool is trots op die leerders se prestasie en harde werk.




