Beurtkrag is vir my ’n saak wat swaar op die hart druk – veral vir ons bejaarde mense wat in ouetehuise woon.
Weet Eskom wat hulle op ons oudag aan ons doen?
Die krag is soggens vroeg en saans laat af.
Dit is mos nie reg nie.
Baie dae moet ek en ander bejaardes koue kos eet, want dit kan as gevolg van die beurtkrag nie verhit word nie.
Ek pleit by Eskom om ten minste ook die krag van ouetehuise aan te los.


