Die Paarl-Oos gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) wil alle buurtwagvoorsitters, GPF bestuurslede en belanghebbende organisasies in kennis stel dat die Julie-maandvergadering op 28 Julie sal plaasvind.

Met die huidige elektrisiteitskrisis is die bestuur besig om alternatiewe maatreëls in plek te stel, sodat beurtkrag nie verder ’n hindernis kan veroorsaak wanneer vergaderings plaasvind nie.

Volgens Edgar Petersen, skakelbeampte van die Paarl-Oos GPF, veroorsaak beurtkrag dat langtermynbeplanning nie effektief gedoen kan word nie.

Die Junie-maandvergadering is gekanselleer en sal nie herskeduleer word nie.

Petersen herinner ook gemeenskaplede wat betrokke is by belanghebbende organisasies om hul benoemings vir vakante poste in die forum teen Maandag 18 Julie in te dien.

Die drie poste wat gevul moet word, is assistentsekretaris, kassier en skakelbeampte.

Die verkiesing vir nuwe beamptes vir die poste vind plaas op Donderdag 21 Julie.

Vir meer besonderhede kontak Shireen Antar by 084 076 4910.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article