Twee mans is onlangs in hegtenis geneem nadat hulle by ’n plaashuis naby die Sonstraal-pad probeer inbreek het.

Die veiligheidsmaatskappy Fidelity ADT is op 24 Mei omstreeks 02:00 in kennis gestel van die verdagtes wat probeer het om deur die diefwering van die huis te sny. Volgens Warren Cassisa, ’n takbestuurder by Fidelity ADT in Paarl, het die inwoner wat hulle van die pogings in kennis gestel het, die mans terselfdertyd ook beskryf.

Gewapende reaksie-beamptes van Fidelity ADT het hulle na die plaas gehaas om ondersoek in te stel.

Die beamptes het twee onbekende mans gesien wat van die plaas af in die rigting van die N1 weghardloop.

“Ons beamptes het die mans agternagesit en daarin geslaag om albei vas te trek voordat hulle kon ontsnap. Hulle is aangehou en aan die Paarl-polisie oorhandig. Die huisbewoner het ’n klag van betreding teen die verdagtes aangemeld.”. Two men were recently arrested after they tried to break into a farmhouse on the Sonstraal Road.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article