Weer eens het ’n spul studente Maandagaand ’n gebou op die KSUT-kampus in Wellington verbrand! Jy brand ’n gebou af wat nou inderdaad meer geld uit die universiteit se begroting neem om herstelwerk aan te bring. Geld wat anders beter gebruik kon word om nie net die opvoeding van die einste studente wat verwoesting saai te verbeter nie, maar wat ook minderbevoorregte studente kon baat, is ook nou daarmee heen om dié skade te herstel.

Dié wat so kla dat hulle slagoffers van swaarkry is, is juis van dié mees bevoorregtes in die land om ’n geleentheid tot tersiêre studies gegun te word. Slegs 7% van volwassenes in Suid-Afrika het tersiêre opleiding, die laagste onder alle Organisation for Economic Co-operation and Development (OESO)- en vennootlande.

Die feit dat jy toegang tot ’n tersiêre opleiding op ’n pragtige kampus het, maak jou ’n bevoorregte minderheid wat dié betogende studente as vanselfsprekend ag. Julle verdien sowaar nie dié geleenthede nie!


Opgevoed en dankbaar,

wellington

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article