Frazer en Deniel sal as die gassprekers by vanjaar se Marie Luttig-gedenklesing in die Paarl optree.


Die Raad van Trustees van die Hugenote Gedenkskool in die Paarl bied hierdie jaar sy 20ste Marie Luttig-gedenklesing op Vrydag 16 Augustus om 18:30 in die Toringkerksaal in die Paarl aan.

Die bekende televisie- en radio- aanbieder, woordkunstenaar, vervaardiger, rymkletser, musikant en voorsanger van die groep Tribal Echo, Frazer Barry, sal as die gasspreker optree.

Die tema van vanjaar se gedenklesing gaan oor die onderwerp “Watter Afrikaans, waar?” Frazer en sy eggenote en mede-musikant, Deniel, sal die gehoor tydens die geleentheid met ’n spesiale optrede vermaak.

Toegang vir die geleentheid is gratis. Bespreek egter vroegtydig deur e-pos te stuur na hugenotegedenkskool @gmail.com of stuur gerus ’n Whatsapp-boodskap na 065 905 8197 – nie later nie as Vrydag 9 Augustus om 14:00.

Mense word ook genooi om ’n glasie wyn of ’n koppie koffie en ligte versnaperings ná die tyd te geniet.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article