Voortaan gaan ’n ieder en ’n elk – alle inwoners van die Wes-Kaap – die rampspoedige besnoeiing in die provinsie se begroting deur die nasionale regering voel. Hierdie besnoeiings gaan waarskynlik alle kritieke dienslewering-afdelings van die Wes-Kaap erg tref.

Dit is duidelik dat die land se verslegtende finansiële situasie voortduur en afstuur op ’n rampspoedige botsing – ’n finansiële krisis met die potensiaal vir ’n verwoestende impak op basiese dienslewering. In plaas daarvan om voor sy eie deur by die Uniegebou te vee, probeer die nasionale regering om hierdie begrotingstekort aan provinsiale regerings oor te dra.

Dit is onaanvaarbaar dat provinsies gedwing sal word om die begrotingstekort te absorbeer weens die land se regering wat nie sy eie fiskale boeke kan laat klop nie.

Kortliks – hierdie besnoeiings gaan basiese dienste erg kelder en dit gaan ’n struweling wees om dienste te lewer aan die mense wat dit die nodigste het.

Die nasionale regering het ’n plig om by die toekenning van inkomste in die beste belang van al drie regeringsfere, en veral alle landsburgers, op te tree. Maar deur sy eensydige optrede loop dit ’n ernstige gevaar om Suid-Afrikaners te benadeel waar dit die seerste sal maak: gesondheid, onderwys en maatskaplike dienste.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article