‘n Nuwe studente befondsingsmodel, wat deur die departement
van hoër
onderwys beplan word, sal meer rekenskap kan gee oor studente in die ‘ontbrekende
middel’-inkomstegroep, asook nagraadse studente wat nie finansiering vir hul
studies kan verseker nie.
Volgens Blade Nzimande, minister van hoër onderwys,
wetenskap en innovasie, is die regering daaraan toegewyd om aan die die
omvattende befondsmodel te werk vir universiteite en kolleges. Of die model
goeie of slegte nuus inhou vir studente, wat hulle finansies betref, is nog ‘n
misterie.
Studente betaal duisende rande elke jaar sodat hulle hul
studies kan voort sit. Een student betaal omtrent ‘n gemiddeld van R62 000
jaarliks, en dit is verbly uitgesluit indien dit nodig is. Universiteitsverblyfkostes
wissel van plek tot plek, maar dit kan meer as R100 000 per jaar uit jou
sak trek en dit is ook nie goedkoper as R22 000 nie .
- A new student funding model, planned by the
department of higher education, will be able to give more account to students
in the ‘missing middle’ income group, as well as postgraduate students who
cannot secure funding for their studies.





