Inskrywings vir Paarl Post en SuperSport se jaarlikse Let’s Play-sportster van die maand is steeds in volle swang.

Paarl Post  sal in samewerking met dié trotse vennoot elke maand ‘n jong sportster uit die streek vir of haar prestasies vereer. Elke maandelikse wenner sal ‘n opwindende geskenkpak, geborg deur SuperSport, asook blootstelling in die koerant ontvang.

Die maandelikse wenners kwalifiseer ook outamaties vir Paarl Post se SuperSport-sportster van die jaar-prys wat aan die einde van elke jaar by ’n prysuitdelingseremonie oorhandig word.

Dié geleentheid word jaarliks op televisie uitgesaai.

Alle plaaslike skole, asook sportklubs, afrigters en ouers, word genooi om enige jong sportster wat nog op skool is, vir dié gesogte eerbewys te benoem.

‘n Sportster word elke maand tot Desember vir die kompetisie benoem.

Die sportkodes kan enigiets onder die son wees – hetsy ’n spansport of individueel. Leerders wat in meer as een sportkode uitblink, kan ook inskryf.Almal word gevolglik genooi om solank hul sportsterre vir Augustus te begin noem.

Stuur die kandidaat se naam, beste prestasies, kontakbesonderhede en skool of sportklub se naam met ‘n foto van die sportster per e-pos na Ross Michaels by sport@paarlpost.co.za of kontak die redaksiespan by 066 484 3728. 

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article