’n Oorlog tussen twee bendes in Magnolia in Paarl-Oos het die afgelope naweek uitgebreek toe bendelede op mekaar losgebrand het.

’n Inwoner van die gebied het aan Paarl Post gesê dit is glo ’n bende van die Magnolia-woonstelle wat met ’n bende by die nabygeleë Beacon-woonstelle baklei.

“Die manne van die Magnolia-woonstelle het ’n paar weke gelede van ’n dans af huis toe gestap en is aan die onderkant by die Beacon-blokke beroof. Die bakleiery het van daardie tyd af begin.”

Kol. Wellington Stephans, die stasiebevelvoerder van die Paarl-Oos-polisie, bevestig die polisie het aanvanklik ’n klagte ontvang oor twee bendes wat Sondag (28 Mei) baklei en klippe oor en weer geslinger het.

“Later is ’n klagte van poging tot moord aangemeld. ’n 28-jarige man is na bewering deur ’n onbekende groep mense in die linkerskouer en laerug geskiet. Die ondersoek duur voort. Die motief is bendeverwant.”.A war between two gangs in Magnolia in Paarl East broke out last weekend when they opened fire on each other.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article