Die Paarl-belastingbetalersvereniging hou sy jaarvergadering Woensdag 23 Maart om 17:30 by die De Poort-sentrum in Turkstraat.
Sake van belang vir belastingbetalers, soos die onlangse skerp verhoging in eiendomsbelasting en die veranderings by die toerismekantoor, sal bespreek word. Trevor Harris, die voorsitter van Paarl Toerisme, sal die agtergrond vir die skielike einde van hul kontrak met die munisipaliteit skets.
* Kontak dr. Cas van Wyk by 078 547 6387 vir nog inligting.



