Wellington-bejaardesorg het op 1 April ’n groep van 50 bejaardes op ’n uitstappie na die Weskus geneem. Jean-Claude le Cordeur sê besoek is afgelê op Velddrif, Saldanhabaai en ’n laaste stop is op Langebaan gemaak. Daar is gesellig uitgeëet, markte besoek en lekker lang stappies op die strand geniet. “Baie van ons mense het in hul kinderdae laas dié plekke besoek en ander was vir die eerste keer op so ’n uitstappie sedert die grendeltyd hulle in hul huise gevange gehou het. Daar is ’n groot lus onder dié groep om weer hierdie soort plekke te besoek.” Wellington-bejaardesorg wil poog om binnekort weer so ’n uitstappie na die Weskus te onderneem. Bo sit Christina Lee, Evelyn Joseph, Murial Jantjies, Moni Moses, Anne Malgas en Kearny Malgas almal saam teen die agtergrond van skepe op die horison.

Credit: SYSTEM

Bejaardes besoek die Weskus

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article