Die gemeenskap van die Paarl is stomgeslaan ná die liggaam van ’n bejaarde vrou in haar huis in Joubertstraat, sentraal-Paarl, gevind is.
Volgens ’n Paarl polisiewoordvoerder, kapt. Louise du Plessis, is die liggaam van ’n 65-jarige vrou omstreeks 21:30 Saterdagaand (21 Januarie) gevind deur ’n familielid.
Sy het gesê dat met die aankoms van die polisie op die toneel is die liggaam van die vrou met ’n oop kopwond in ’n slaapkamer gevind.
Dit is nog onseker hoe laat die slagoffer gesterf het.
Waardevolle items is vermis op die toneel gevind en die polisie ondersoek ’n klag van moord.
Volgens ’n plasing op die woongebied se gemeenskap Whatsapp-groep is ’n verdagte persoon vasgevang op beeldmateriaal van veiligheidskameras vroeg Saterdagoggend in Kloof- en Joubertstraat.





