Diespan van Be Part Yoluntu Centre in Mbekweni het onder leiding van personeel se insette drie gebiede in die omgewing gekies waar hulle ter viering van Mandeladag tuisgemaakte sop en toebroodjies uitgedeel het. Die span het ’n behoefte aan kos in gebiede soos Drommedaris, OR Thambo en Vlakkeland geïdentifiseer. Be Part het sowat 250 koppies sop en toebroodjies uitgedeel. Bo deel Zeti Telite, sr. Erica Bailey, Patiswa Ketelo, Anine Theron, dr. Natasha Labuschagne en Thobeka Kafile liplekker sop aan die jongelinge uit.Foto: Be Part Yoluntu Centre


Be Part Yoluntu doen hul deel op Mandeladag

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article