Die bestuurders van ’n bakkie en ’n vragmotor het verlede Woensdagmiddag ’n noue ontkoming gehad toe die vragmotor op die bakkie beland het. Volgens ’n omstander wat op die toneel was, wou albei voertuie in Dorpstraat afdraai toe die vragmotor omgekantel het. Die bakkie het uit die rigting van Lady Grey-straat gery en die vragmotor van Paarl-hospitaal af. Hoewel almal groot geskrik het, is niemand ernstig beseer nie.Foto’s: CJ Tow-In


Bakkie ‘laai’ massiewe vrag

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article