Pasiënte by die TC Newman-daghospitaal in Paarl-Oos is verlede Woensdag (25 Januarie) geskok gelaat nadat ’n ma by die fasiliteit ingehardloop en histeries om hulp gevra het met haar baba wat nie gereageer het nie.

Volgens Leensie Lotter, ’n woordvoerder van die TC Newman-daghospitaal, het Sassa-beamptes die ma en baba vir noodbehandeling na die hospitaal gebring.

“Die baba het egter nie op noodbehandeling gereageer nie en is ongelukkig daar oorlede.”

Die oorsaak van die baba se dood kon nog nie bevestig word nie.

  • Patients at TC Newman Day Hospital in Paarl East were shocked last Wednesday (25 January) after a mother ran into the facility hysterically with her baby for help, but the baby died.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article