Hoewel taxibestuurders verlede Donderdag (24 Maart) in groot getalle na die premier se kantoor opgeruk en in die proses chaos veroorsaak het, is geen taxigeweld of onrus in Drakenstein aangemeld nie.

Taxi-eienaars en taxibestuurders het saam na die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, se kantoor opgeruk om hul griewe aan hom bekend te maak. Dit sluit in die skut van taxi’s waaroor hulle ongelukkig is.

Intussen het Jandré Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, bevestig dat die status quo rakende die sluiting van die B97-roete so bly.

Die sluiting is steeds geldig, hoewel dit reeds in Februarie tot ’n einde sou kom.

Daylin Mitchell, ’n LUR, het die sluiting in Julie 2021 ingestel omdat ’n dodelike oorlog rakende die eienaarskap van die roete die afgelope paar jaar woed. Twee taxi-unies, naamlik Cata en Codeta, beweer albei dat hulle in beheer van die roete tussen Mbekweni en Bellville is.

Dit is al agt maande sedert die roete die eerste keer gesluit is. Die arbitrasie-proses tussen die twee unies rakende die B97- roete het intussen tot ’n einde gekom. Die arbiter het bevind dat albei unies regte het om pendelaars op die roete te vervoer. Volgens Bakker moet Cata en Codeta eers ’n ooreenkoms onderteken wat stipuleer dat hulle die B97-roete sal deel. Daarna sal verdere bedryfslisensies uitgereik word.

Pendelaars maak intussen steeds staat op die Golden Arrow-busdienste om hulle tussen Mbekweni en Bellville te vervoer.. Although taxi drivers marched to the premier’s office in large numbers last Thursday (24 March), causing chaos in the process, no taxi violence or unrest was reported in Drakenstein.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article