Die B97-taxiroete tussen Mbekweni en Bellville is steeds gesluit.

Pendelaars maak intussen gebruik van die Golden Arrow-busdiens wat op die roete bedryf word.

Dié spesifieke roete is die afgelope paar jaar in die kollig oor die voortslepende geweld weens konflik oor eienaarskap. Talle taxi-eienaars en -bestuurders het onder geweld en selfs moord deurgeloop as gevolg van die botsing tussen twee taxi-unies – Cata en Codeta.

In Julie verlede jaar het die taxigeweld so handuit geruk dat die Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, Daylin Mitchell, genoodsaak is om die roete vir twee maande te sluit. Teen September 2021 kon die unies steeds nie ’n ooreenkoms bereik nie, en die sluiting is verleng.

Op 25 November 2021, net dae voordat die verlenging sou verval, het Mitchell aangekondig dat die B97-taxiroete vir ’n verdere drie maande gesluit sal bly.

“Ek het die besluit geneem om die sluiting van die roete te verleng nadat gesamentlike pogings om geweld te staak tussen operateurs wat by Cata en Codeta geaffilieer is, nie geslaag het nie,” het Mitchell einde November 2021 in ’n verklaring gesê.

By navraag aan die departement of daar enige nuwe verwikkeling is wat die B97-taxiroete betref, het Jandré Bakker, ’n woordvoerder, gesê: “Die status quo bly soos in die Staats­koerant. Minister Mitchell sal ’n mediaverklaring uitreik sodra hy ’n besluit oor die pad vorentoe geneem het.”

.
The B97 taxi route between Mbekweni and Bellville is still closed. Meanwhile, commuters are still making use of Golden Arrow bus services that are operated on the route.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article