Atlete van die Laerskool Paulus Joubert, wat vanjaar sy 65ste bestaansjaar vier, het onlangs aan die Wes-Kaap-kampioenskap deelgeneem. Saskia La Douce het in die verspring tweede geëindig, derde in die 100 m en in die aflos het haar span die eerste plek gewen. Micgail Engelbrecht het in die 80 m ’n tweede plek behaal. Hierdie leerders sal die komende naweek aan die nasionale kampioenskap in Limpopo deelneem. Agter van links saam met die atlete is die waarnemende skoolhoof Kenneth Uren, Conroy Eiman (sportsameroeper) en Leone Adams-Martin (atletiek-sameroeper). Voor van links staan Saskia (o.10) en Micgail (o.11).
Atlete van Paulus Joubert skitter
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.