Die Aquasharks-Winelands-swemspan het onlangs aan die nasionale junior kampioenskap in Stellenbosch deelgeneem en uitstekend gevaar. Die tien spanlede het die persoonlike beste tye laat instroom en daarin geslaag om gesamentlik 14de uit die 31 spanne te eindig. Die meisiespan het in die agtste posisie geëindig. Hulle het altesaam nege goue medaljes, nege silwermedaljes en drie bronsmedaljes in die onderskeie ouderdomsgroepe verower. Die span word deur Christa Swart afgerig en het uit Jo-Ell Viljoen, Soleil Greyling, Lara Botha, Christine Bester, Lucy le Roux, Retief Hugo, Willem van Staden, NW Robbertze, Steffen Schreuder en Ryan Viviers bestaan.


Aquasharks skitter in die water

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article