Anuschké Solomon


Anuschké Solomon is die laerskole maandwenner van die Paarl Post Sportster van die Jaar-kompetisie. Dié gr. 5-leerder aan die Laerskool Drakenstein is ’n formidabele sportvrou in verskeie sportsoorte wat tennis, atletiek, netbal en swem insluit.

Haar broer Scheniël Solomon, wat ook haar tennisafrigter is, beskryf sy sussie as ’n “baie hardwerkende atleet met ’n sterk persoonlikheid”.

Niks hou Anuschké terug om haar beste op die sportterrein te lewer en haar doelwitte te bereik nie. Sy is verlede jaar as die 2021 tennisspeler van die jaar aangewys, hoewel die koronavirus-pandemie sportaktiwiteite in 2020 reg oor die wêreld tot stilstand geruk het. Anuschké hou ’n lang lys van verskeie toekennings in die sportitems waaraan sy deelneem.

Sy het in die vierhoek-atletiek-byeenkoms verlede maand die eerste plek in die afdeling vir meisies o.11 opgeraap – die 80 m, 100 m en verspring. Sy was tweede in gewigstoot en 70 m-hekkies.

Dié 10-jarige het op 26 Februarie vanjaar aan die Wilson-tennistoernooi deelgeneem waar sy ’n tweede plek in die o.11B-afdeling vir meisies behaal het. Dié jong speler het op 12 Maart teruggekeer en die eerste plek in die afdeling vir meisies o.11 (A-afdeling) beklink.

Anuschké sien daarna uit om haar liefde vir sport voort te sit wanneer sy hoërskool toe moet gaan. Sy het reeds vier opsies in gedagte – Hoër Meisieskool La Rochelle, Hoër Meisieskool Paarl, Hoërskool Laborie of Klein Nederburg Senior Sekondêr.

Weg van die sportterrein is sy soos enige kind en hou van pret en om kreatief te wees. Anuschké se stokperdjies sluit in verf, om kitaar te speel, speelslym te maak en om buite te speel. Hoewel sy eendag ’n sportonderwyser wil word, het Anuschké vir haarself ’n doelwit gestel om ook ’n tenniskampioen te word.

As iemand wat al van vierjarige ouderdom af tennis speel, is Anuschké vasbeslote om aan die Wimbledon-tennistoernooi deel te neem.. The March primary school sports star of the month is Anuschké Solomon. The Grade 5 learner from Drakenstein Primary School is a formidable competitor in various sports that include tennis, athletics, netball and swimming.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article