’n Verdagte is verlede Donderdag (19 Januarie) deur gewapende reaksiebeamptes van Fidelity ADT in Charleston Hill, Paarl, vasgetrek.
Die man het glo toegang verkry tot ’n Charleston Hill-inwoner se huis en het met ’n beursie vol kontant en bankkaarte weggekom.
’n Beampte van Fidelity ADT wat die omgewing gepatrolleer het, is ingelig oor die voorval.
Met ’n gedetailleerde beskrywing van hoe die verdagte lyk, kon beamptes die man vinnig aankeer.
Warren Cassisa, Fidelity ADT se takbestuurder, het bevestig dat die verdagte aan die Paarl-Oos-polisie oorhandig is, wat die saak verder gaan ondersoek.
- Following a burglary in a residential area, a suspect was apprehended last Thursday (19 January) by armed response officers from Fidelity ADT in Charleston Hill, Paarl.



