Adagio, die gewilde sanggroep van Wellington, hou vanjaar weer sy jaarlikse Kersfeeskonsert met Vriende. Ná twee jaar stof die manne van Adagio weer hul pakke af en maak gereed om die mense van Drakenstein met hul pragtige sang te vermaak. Die lede van die groep, wat al sedert 2009 saam sing, is Jovanré Cupido, Graham Hendricks, Rodger Adams en Christopher Gertse. Hierdie vertoning vind al langer as ’n dekade jaarliks plaas en is ten bate van Adagio se jaarlikse gemeenskapsprojek, waar die groep op Kersdag haweloses en behoeftiges van ’n lekker Kersete, kospakkies en lekkergoedpakkies vir ongeveer 100 kinders voorsien. Vanjaar se konsert vis Sondag 17 Desember om 18:00 by die VGK Bergrivier-Wellington. Kaartjies kos R50 per persoon en R30 vir kinders onder 13. Vriende wat hierdie jaar die verhoog met Adagio deel, is onder andere Xavier Gertse, Zenobia Goodwin, Roxi Keyser, Ruach Dance Ministry en Clint Fortuin. Kaartjies is beskikbaar by Adagio-lede asook by die deur. Kontak Rodger Adams by 083 457 8234 vir nog inligting.


Adagio en Vriende bied weer ’n Kerskonsert aan

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article