: Met hul Andrew Murray-toekennings is (van links): prof. Elna Mouton (Andrew Murray-Desmond Tutu-prys), dr. Gertrude Kapuma (Andrew Murray-Desmond Tutu-prys), ds. Barend Vos (Andrew Murray-prys), dr. Gerdrie van der Merwe (Spesiale Andrew Murray-prys), Annette Potgieter (Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys) en Chris Lamprecht (Andrew Murray-FAK-prys).


Die jaarlikse Andrew Murray-Desmond Tutu Literatuurtoekennings vir werk in Christelike literatuur is by ’n praggeleentheid in Stellenbosch op Donderdag 19 Mei gehou.

Vir die hoofprys, die Andrew Murray-prys vir die beste Afrikaanse Christelike boek, is 23 boeke benoem en Barend Vos se boek, Die ewigheid in my hart, uitgegee deur Lux Verbi, het met die louere weggestap.

Vos se wenboek bied meditatiewe en eietydse omskrywinge van die Psalms. Beoordelaars het genoem dat die skrywer die menslikheid van die Psalms in die hart van God se woord op besonder kreatiewe wyse vasgepen het.

Ander pryse wat die aand toegeken is, was:

  • Aan Elma Mouton, Len Hansen, Getrude Kapuma en Thomas Togom, die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys vir die saamgestelde werk Living with Dignity – African Perspectives on Gender Equality uitgegee deur Sun Press;
  • Die Desmond Tutu- Gerrit Brand-prys vir die boek Jong teoloë praat saam, met Annette Potgieter as redakteur en uitgegee deur Bybel-Media;
  • Die Andrew Murray-FAK-toekenning aan Chris Lamprecht vir ’n buitengewone bydrae tot Christelike musiek; en
  • Die spesiale Andrew Murray-toekenning aan die kerkhistorikus en Africana-versamelaar, Gerdrie van der Merwe vir sy bydrae tot die opteken van die kerkgeskiedenis.

Die funksie is ook opgedra aan die skrywer Winnie Rust wat onlangs tragies gesterf het. Van haar boeke was ook al in die verlede benoem vir hierdie gesogte toekennings.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article