Die kunstenaar Wilna van der Walt se Stories van ’n lewe – Stories of a life (a symbolic approach to art), open 10 Februarie om 11:00 in die Breytenbach-galery met die spreker Amanda Botha.
Die volgende Saterdag is daar ’n begeleide deurloop met die kunstenaar en 24 Februarie tree Marita de Wet, ’n Jungiaanse analis, in gesprek met Wilna.
Bespreek by die galery by 021 864 2988.


