Wellington vier fees.
Saterdag 24 Februarie vier Huis Andrew Murray sy 120ste verjaardagfees.
Om hierdie mylpaal te vier, word ’n 5 km-pretdraf/-stap en potjiekoskompetisie gehou. Kostes vir die pretdraf beloop R20 per persoon. Registrasie vind van 08:00 plaas.
Die potjiekoskompetisie kos R300 per span wat uit vier lede bestaan.
Die amptelike verwelkoming is om 10:00 en daar gaan genoeg vermaak vir oud en jonk wees. Dit sluit musiek, kos en baie ander programme vir die dag in.
Maak seker jy lê besoek af by die Huis Andrew Murray-sportterrein (Blouvleiweg, Wellington) waar al die verrigtinge plaasvind.
Om nog inligting oor die potjiekoskompetisie en pretdraf te kry, besoek www.andrewmurray.org.za waar jy ook die registrasievorms kan aflaai en e-pos dit dan na bemarking@andrewmurray.org.za sodat jy gereed kan wees op die groot dag.
Vir verdere inligting oor enigiets te doen met dié dag of selfs HAM, kan jy kontak maak by info@andrewmurray.org.za en/of skakel 021 873 3834.



