Die Laerskool W.A. Joubert vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar.

Die leerders, hul ouers, oudleerders en voormalige onderwysers van die skool kan hul gereed maak vir spe­siale eeufeesvieringe. Die belangrikste aktiwiteite is:

. 30 Januarie is die amptelike verjaarsdagvieringe wanneer die skool ’n groot koek sal sny.

. 8 Maart vind die jaarlikse kaskar- en nostalgiedag plaas.

. Die galakonsert begin 17 April.

. Die wintersportdag word 25 Mei gehou en 31 Mei die talentkompetisie in die skoolsaal.

. 24 Augustus word ’n deftige gala-aand in die Paarl-stadsaal gehou waar die jaarblad bekend gestel sal word.

. 14 September vind die jaarlikse pret­loop en kermis plaas.

. 12 Oktober word ’n gesinsdag gehou.

. 9 November is vroue-oggend.

Vir nog inligting oor die feesvieringe, skakel die skool by 021 872 2832.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article