Dié drie gimnaste van die Laerskool Courtrai het onlangs puik in die SA Gym Games, wat van 26 tot 28 September by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasgevind het, presteer. Zia du Toit (gr. 7) het die volgende medaljes vir vlak agt behaal: silwer vir brug en vloer, brons vir die balk en brons vir die algehele derde plek. Rebekah Beverley (gr. 5), wat as die SA kampioen gekroon is, het ook medaljes vir vlak 6 behaal: silwer in spronge, goud op die balk en goud algeheel. Ané Viljoen (gr. 7) het medaljes vir haar vertoning in vlak 7 behaal: goud op die brug en brons vir die algehele derde plek.
Courtrai-gimnaste skitter in spele
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.