Mela Botha, ’n gr. 11-leerder aan die Hoër Meisieskool La Rochelle, het vanjaar digitaal aan die Oppie Tong Af-redenaarskompetisie deelgeneem waar sy goud (A +) behaal het. Sy dring ook deur na die nasionale eindronde van die Podiumpret-kompetisie waar sy vir haar voorbereide toespraak goud (98%) behaal het. Mela is die graadwenner van die sprekersvaardigheids-afdeling en daarom word haar naam op ’n plaatjie op die Podiumpret-boom by die Afrikaanse Taalmonument aangebring. Vir onvoorbereide redenaars behaal sy goud (82%) en eindig in die tweede plek. Mela het ook aan die voorbereide leeskategorie deelgeneem waar sy 89% behaal en ook in die eerste plek geëindig het.
Flink redenaar skop stof op
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.