Die Laer Meisieskool La Rochelle het onlangs hul nuwe leerderleiers vir die tweede semester aangewys.
Die 17 leerders is slaggereed om hul verantwoordelikhede met trots uit te voer. Die meisies is elkeen gekies as ’n leier van ’n klas wat aan hulle toevertrou is.
Die leiers is Madison Pienaar (voorsitter; gr.7 E), Corin Joseph (ondervoorsitter; gr.6 A), Káru van der Wal (sekretaris; gr.7 A), Ariana Sassoli (gr. R), Meeka Cupido (gr. R), Tamsyn-Leigh Matthews (gr. R), Danielle Potgieter (gr. 1 A), Mia du Preez (gr. 1 E), Hanaan Gaffoor (gr. 2 A), Isra Moerat (gr. 2 E), Hayden Williams (gr. 3 A), Makaziwe Gqiba (gr. 3 E), Liyah Valentine (gr. 4 A), Daniella Osswald (gr. 4 E), Lea Prinsloo (gr. 5 A), Lily Rorke (gr. 5 E) en Paige Bennetto (gr. 6 E)..Ingevolge Covid-19-maatreëls by die skool kon die leerders nie saam afgeneem word nie.