WA Joubert het besluit selfs in hierdie onseker tye kan hy ’n verskil maak. Die skool se ekovriendelike groenspan het ’n tweeweeklikse program ontwikkel waarin die leerders op ’n sinvolle en interaktiewe manier leer hoe om “groen” te wees. Die program het met ’n ekovriendelike groendag begin waar WA Joubert sy ekogees met herwinbare uitrustings uitgebeeld het. Die projek sluit verdere temas soos “waterwys”, “gee meer, neem minder” en “gebruik weer” in. Skylar Johnson (gr.2) is trots om deel te wees van die groenprojek wat omgee oor die welstand van die natuur.


You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article