Die sussies Mia en Megan Koch (gr. 7) van die Laerskool Hugo Rust het onlangs aan die Wynland-distrik- gimnastiekkompetisie deelgeneem. Mia het eerste plek behaal in hoepel, tweede plek in lint en derde plek in vrye dans.
Megan op haar beurt het eerste plek behaal in die vrye dans- en lint- kategorieë, en derde plek in hoepel.
Mia het met ’n algeheel eerste plek en Megan met ’n algeheel tweede plek gekwalifiseer om op 2 September aan die Wes-Kaapse gimnastiekkampioenskap deel te neem.





