Vier leerders van Hoër Meisieskool Paarl (HMS) het aan die SARB MPC-skoleuitdaging deelgeneem en vyfde geëindig.Hiermee het elkeen R5 000 gewen en die skool ontvang R10 000. Die doel van die kompetisie was om in die skoene van die Monetêre Beleidskomitee te staan en te besluit oor die verandering van die repokoers, met inagneming van ekonomiese aanwysers. Die span was agter, Anne Venter, Elmarie Basson (onderwyser) en Emma Rautenbach. Voor is Tyla Zwaan en Anika le Roux.



Vier leerders van Hoër Meisieskool Paarl (HMS) het deelgeneem aan die SARB MPC Schools’ Challenge en vyfde geëindig.

Hiermee wen hulle elkeen R5 000 en die skool ontvang ook ’n bedrag van R10 000.

Die onlangse aanlyn prysuitdeling geleentheid is bygewoon deur die Minister van Onderwys, Angie Motshekga asook die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, wie die finaliste toegespreek het.

Daar was ’n totaal van 66 inskrywings landwyd. Vir die finale rondte, moes hulle voor ’n ervare paneel hulle Monetary Policy Committee Statement voorlê en vir 20 minute lank verskeie vrae vanaf die paneel bespreek.

Die doel van die kompetisie was om in die skoene van die Monetêre Beleidskomitee te klim en ’n besluit te maak oor die verandering van die repokoers inagneming van alle ekonomiese aanwysers.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article