Bella-Louise Kotze se groot houtskooltekening kan op die matriekuitstalling van Jack Meyer-kunssentrum gesien word. Haar interpretasie van die tema Footprint handel oor die mens se verhouding met die see.



Leerders van verskeie hoërskole in Paarl en Wellington het so pas hul vraestel 2 in visuele kuns en ontwerp vir die praktiese eindeksamen voltooi. Die tema vir vanjaar se projek was Footprint (visuele kuns) en Afrofuturism of Design saves the World (ontwerp).

Die onderskeie temas is op baie uiteenlopende en opwindende maniere deur leerders geïnterpreteer en die stukke kan van 22 Oktober tot 26 November by die galery van die Jack Meyer-kunssentrum in Hospitaalstraat deur enige belangstellendes besigtig wird.

Benewens die eksamenstukke word daar ook ’n keur van die matrieks se werk van die afgelope jaar en die beste graad 11-stukke uitgestal. Die galery is daagliks van 09:00 tot 16:00 oop en die dissiplines wat uitgestal word, is tekenkuns, grafiese kuns, gemengde mediakuns, skilderkuns, juweliersontwerp en tekstielontwerp.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article