‘n Brand het Dinsdag verwoestig gesaai in Kanariestraat in Amstelhof.



Die Drakenstein-munisipaliteit se brandweer- en reddingsdienste het die afgelope week hande vol gehad met nege brand insidente wat hulle bygewoon het. Een persoon het in een van die brande gesterf.

Drie mense is verlede Donderdag (21 Oktober) dakloos gelaat nadat ‘n informele woning in Kingston Town, Paarl-Oos, afgebrand het. Die brandweer het dieselfde dag nog ‘n brand voorval bygewoon by die Val de Vie-landgoed. Volgens Gerald Esau, Drakenstein-munisipaliteit se direkteur vir gemeenskapsdienste, was die brand beperk tot die dak van die huis.

Een persoon is dood en ander ‘n persoon is behandel vir rook inasemhaling toe ‘n informele woning verwoes is tydens die vroeë oggendure van Vrydag (22 Oktober) in Azaliastraat in Paarl-Oos. 

Nóg sewe mense van Mbekweni is sonder ‘n heenkome gelaat toe hul informele wonings in drie onderskeie brande tussen Vrydag (22 Oktober) en Maandag (25 Oktober) afgebrand het.

Op Sondag (24 Oktober) omstreeks 23:53 het ‘n brand verwoesting gesaai en het ‘n informele woning in Dawnstraat in Smartie Town afgebrand wat twee mense dakloos agtergelaat het.

Esau sê die brandweer kon Saterdagaand betyds die vlamme blus by ‘n woonstel in Bauhiniastraat, Magnolia, voordat die brand buite beheer kon raak en na ander woonstelle kon versprei.

‘n Brand in St.Paulstraat in Wellington het meer as een familie geraak Sondagoggend. “Vier Informele wonings is in die brand vernietig en die huis op die erf is ook in die brand beskadig. Altesaam 24 mense is dakloos gelaat,” voeg Esau by.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article