Gewapende rowers wat ‘n winkel in Stellenbosch beroof het is in die Paarl vasgetrek.


‘n Groep gewapende rowers is vanoggend na ‘n wilde jaagtog vasgetrek in die Paarl.

Dit volg na ‘n gewapende roof by ‘n winkel op die hoek van Merriman- en Birdstraat op Stellenbosch.

Die rowers het hierna in ‘n Mercedes Benz gevlug, maar sekuriteits- en polisiebeamptes was kort op hul hakke. Die jaagtog het plaasgevind eers in die rigting van die informele nedersetting van  Bloekombos naby Kraaifontein en daarna voortgesit na die Paarl. 

Bykomende polisie-hulp is ontbied en die rowers is uiteindelik op die hoek van Hoof- en Optenhorststraat in Noorder-Paarl vasgetrek.

Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article