Die vrou van ‘n bekende Wellington-prokureur is in ‘n kritieke toestand nadat die motor waarin sy en drie jong kinders gery het vir meer as 80 meter by die Bainskloofpas afgery het. Al drie kinders is dood. Die ongeluk het Saterdag omstreeks 19:00 plaasgevind.
Kol. Johan Barkhuizen, Wellington-polisie se stasiebevelvoerder, het die insident bevestig. Die vrou, wat ook die bestuurder van die motor was, het die ongeluk oorleef. Nood- en reddingsdienste het vir ure gesukkel om haar tot bo op die padoppervlak te bring voordat sy gehaas is na ‘n hospitaal in die Paarl. Volgens Barkhuizen ondersoek die polisie nou ‘n saak van strafbare manslag.
Die liggame van die drie jong kinders, tussen die ouderdome van 18 maande en 5 jaar oud, is teen 03:00 Sondagoggend tot bo by die pad gebring. Die kinders se liggame is daarna aan die polisie se forensiese span oorhandig. Dit is nog nie duidelik wat tot die ongeluk gelei het nie, aangesien die Bainskloofpas vir sowat ‘n jaar gesluit is weens deurlopende padwerke wat aan die gang is.
Dit is die tweede harde slag vir die prokureur en sy familie binne net ‘n jaar. Sy 36-jarige dogter is op 10 Februarie 2020 oorlede dae nadat sy ernstige brandwonde opgedoen het toe metanol-gel ontplof het. Die oorledene is getref en het 40% brandwonde opgedoen oor haar bolyf en gesig.
- The wife of a well-known Wellington lawyer is in a critical condition after the car in which she and three young children were driving drove off the Bainskloof Pass for more than 80 meters. All three children are dead. The accident happened around 19:00 on Saturday.





