Die Wes-Kaap is steeds besig om die vierde vlaag van Covid-19 af te weer, en die departement van gesondheid hier vra dat almal wat kwalifiseer vir inenting gaan, óf vir versterkingsinentings (boosters).

Mense wat die J&J-entstof gekry het, kan ná twee maande vir ’n J&J-versterkingsinenting gaan, terwyl mense wat reeds die tweede dosis van die Pfizer-entstof gekry het, ses maande ná die tweede dosis vir ’n versterkingsdosis kan gaan. Jy hoef nie vooraf te registreer nie en sal nie ’n SMS met ’n afspraak kry nie.

Albei entstowwe se versterkingsinentings is beskikbaar by Gouda- en Saron-klinieke, TC Newman CDC, Wellington CDC (in Dr. Abdurachmanlaan) en Mbekweni CDC.

Vir jou J&J-versterkingsentstof, besoek Klein Drakenstein-, Nieuwedrift-, Simondium-, Soetendal- en Windmeul- klinieke.

Kry jou Pfizer-versterkingsdosis by Dalvale-, Patriot Plein-, Phola Park- en Huis Macrone-klinieke. Kinders 12 en ouer kan ook vir hul inenting gaan.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article