Die Meghal Hendricks-stigting tesame met die Wellington-aksiegroep (WAG) het Maandag (13 Desember) hul opregte waardering teenoor Wellington-polisiebeamptes getoon vir die jaar se harde toewyding en diens wat hulle aan die gemeenskap bied. “Die rede vir die pakkies is om dankbaarheid te toon vir die beamptes wat daagliks bereid is om hul eie lewe op die spel te plaas om ons veilig te hou. Die pakkies is opgemaak met handreinigers, swart penne, tuisgemaakte konfyt en ’n dankie-sê-briefie. Baie min mense wys waardering vir dié werk en dis hoekom ek so sterk gevoel het om dit te wys,” het Meghal gesê. Meghal Hendricks, Stephan Landsberg, sers. Andrew Prins, sers. Iederies Karriem, sers. Shanay Claasens, kol. Johan Barkhuizen, sers. Bianca Joseph, sers. Yolanda Wildschut en Francois Theron ná die oorhandiging.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.